Video
KLEIN KAROO NUUS EN VIDEO - Gerugte doen die rondte dat Meiringspoort oop is vir verkeer. Dit is onwaar.
Die streek se provinsiale verkeershoof, Gerald Bekker, het gesê die vlak van die rivier word gemonitor. Sodra die vlak gedaal het sal opruimingspanne begin om die pad skoon te maak.
Volgens hom het die riviervlak reeds aan Klaarstroom se kant begin afneem. As die watervlak genoegsaam daal kan die Poort dalk later vanaand oop wees.
Kyk 'n video hieronder:
'Ons bring jou die nuutste, Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus'