ZOAR NUUS - Dat die onlangse saamtrek van die Oppermans van ZAL (Zoar, Amaliënstein en Ladismith) onvergeetlik was, blyk die algemene sentiment te wees van diegene wat hierdie eerste en historiese byeenkoms bygewoon het, sê een van die organiseerders, Sidney Opperman.
Volgens Carel Jacobs, agterkleinkind van Simon Opperman, was die eenheid en liefde wat hy tydens die naweek ervaar het, onbeskryflik.
Een van die hoogtepunte van die naweek was die amptelike vrystelling van die boek Erfsaad 1.
Rachel Mooney se skrywe Op my spore terug wat hierin vervat is, was die inspirasie van hierdie bundel wat ook bydraes van ander familielede bevat.
Natasia Ryneveldt, ook 'n nooi Opperman, is bedank vir die inisiatief en samestelling van die boek.
Oppermans wat uit Zoar, Amaliënstein, Ladismith en Calitzdorp hul oorsprong het, word uitgenooi om betrokke te raak by hierdie familie-inisiatief en kan kontak maak op, Die Oppermans van Zoar, Facebook-groep, of 'n e-pos na oppermansvanzal@gmail.com, stuur vir meer inligting.
Volgens Sydney word die volgende familiereünie vir September 2023 in Houtbaai beplan.
'Ons bring jou die nuutste Zoar, Klein Karoo nuus'