Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - ‘n Opleidingsessie vir verskeie nooddienste het vandag by Oudtshoorn-lughawe plaasgevind.
Die betrokke organisasies was, EMS (Emergency Medical Service), AMS (Air Mercy Service), Departement Gesondheid Wes-Kaap se forensiese-eenheid, provinsiale verkeer en Oudtshoorn-brandweer.
Tydens die opleidingsessie, het nooddiensbeamptes die prosedures behandel wat gevolg moet word wanneer die AMS-helikopter ‘n ongelukstoneel benader en wanneer die AMS-helikopter die toneel, met ‘n pasiënt verlaat.
VIDEO - Opleidingsessie vind plaas by Oudtshoorn-lughawe
Na afloop van die teorie-opleiding het die beamptes na die gesimuleerde ongelukstoneel op die Volmoedpad gery om dit wat hulle geleer het toe te pas.
Die toneel vir die AMS-helikopter se landing is voorberei en ‘n paar minute later het die AMS-helikopter opgestyg en by die beamptes op die Volmoedpad aangesluit.
Die Volmoedpad was aan weerskante van die toneel afgebaken en nooddienste kon voortgaan met die opleidingsessie.
‘n Oefensessie soos dié word jaarliks deur die verskeie organisasies uitgevoer om die nooddiensbeamptes se geheue te verskerp in die prosedures wat gevolg moet word wanneer die AMS-helikopter by ‘n ongelukstoneel betrokke is.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'