Video
OUDTSHOORN NUUS AND VIDEO - Inwoners en besoekers sal sien daar grys geverfde dromme, met ‘n plant in, oral in Baron van Reede- en Hoogstraat staan.
As jy nader stap sal jy sien dat die drom met 'n inligtingsplaatjie, oor toentertyd se geskiedenis van die gebou, versier is.
Twaalf dromme is in Baron van Reedestraat en 17 in Hoogstraat neergesit.
Moenie die opening van die Heritage Walk vanaand, 30 Maart, misloop nie. Dit begin vanaand om 18:00 in Baron van Reedestraat voor die Coetzee en Van der Bergh Prokureurs-gebou.
Oudtshoorn Courant het vir Kobus Spies, eienaar van die Prince Vincent-gebou in Baron van Reedestraat, by een van die dromme raakgeloop, en vertel hy dat jy nie vannaand se opening moet misloop nie.
Video - Heritage Walk in Oudtshoorn (Video: Sonia Wahl, Oudtshoorn Courant).
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’