OUDTSHOORN NUUS – Ons Winkel in Oudtshoorn, is ‘n Solidariteit Helpende Hand liefdadigheidswinkel wat vandag hulle heropening met ‘n prik-'n-ballon winskopie vier.
“Klante kan tot en met 50% afslag op hulle aankope ontvang, sê Jeanette Kotze, eienaar van Ons Winkel in Oudtshoorn.
Die winkel wat altyd in Kerkstraat geleë was, het vandag sy deure langs Hungry Lion in Hoogstraat, oopgemaak.
Waarvoor gaan die winste
Die winste stel Helpende Hand in staat om volhoubare veranderings in die gemeenskap te bewerkstellig.
“Met die opbrengs van die verkope bied Helpende Hand maatskaplike hulp in die gemeenskap en stuur projekte van stapel wat gemeenskappe bevorder en ophef. Ons Winkel in Oudtshoorn skep ook werksgeleenthede en dra by tot studiefondse vir studente wat verder wil studeer, maar dit nie kan bekostig nie. Jou item is nie net ? item nie, dit is ? toekoms, sê Marlise Labuschagne, streekorganiseerder van Helpende Hand.
Skenk jou oortollige items
“Ons is baie opgewonde dat Ons Winkel na dié perseel geskuif het. Hier is regtig baie om van te kies,” sê Kotze. “Indien die publiek items wil skenk, kan hulle my by 073 140 9300 kontak.”
Indien u by Helpende Hande se projekte betrokke wil raak, kontak Marelize Labuschagne by 071 390 7766.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'