OUDTSHOORN NUUS - Brandon Claassen, ekonomie- en besigheidstudies onderwyser by Môrester Sekondêr, is op 8 November tydens 'n gala-aand in Kaapstad as die naaswenner van die WKOD in sy kategorie vir uitnemendheid in hoërskool-opleiding, aangewys.
Die Oudtshoorn Courant het reeds in September oor Claassen berig toe hy op 14 September as distrikswenner van die Eden- en Sentraal Karoo-streek aangewys is.
Met die eersteplek het hy deurgedring na die provinsiale rondte waar hy die tweede plek ingepalm het.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'