Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - Daar was vroeër vandag, 1 Augusts, 'n motorongeluk tussen drie voertuie op die hoek van Adderleystraat en Voortrekkerweg in Oudtshoorn, maar niemand is ernstig beseer nie.
Dit is tans onseker presies hoe die ongeluk gebeur het. Nooddienste, polisie en verkeer is tans op die toneel.
Motoriste word gevra om so ver moontlik die afdraai van Voortrekkerweg na die Suid-Kaap Kollege in Adderleystraat te vermy totdat die toneel opgeruim kan word.
Sodra verdere inligting beskikbaar is sal die Oudtshoorn Courant lesers inlig.
VIDEO: 'n motorongeluk tussen drie voertuie op die hoek van Adderleystraat en Voortrekkerweg (Video: Stefan Goosen).
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’