OUDTSHOORN NUUS - Die bestuurder van die Renault Kwid is vir skokbehandeling na 'n hospitaal geneem na 'n ongeluk vanmiddag op die brug op die Rooiheuwel-pad.
Die ongeluk het volgens inligting na 16:00 gebeur. Daar was na bewering een persoon in die voertuig.
Dit blyk dat die bestuurder van Karoo Lusern se rigting onderweg was en moontlik die skerpte van die draai misgis het.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’