OUDTSHOORN NUUS - 'n Man wat vermoedelik 'n hartaanval gehad het is Saterdagoggend dood nadat sy voertuig by die munisipaliteit die pad verlaat het.
Die man, Dennis Bradfield, het uit George se rigting in Langenhovenweg gery toe hy vermoedelik 'n hartaanval gehad het.
Sy voertuig het die pad verlaat en by die trappies langs die munisipale gebou afgery en die voertuig het langs die fontuin tot stilstand gekom.
Bradfield is op die toneel dood verklaar.
Die voertuig het langs die fontuin tot stilstand gekom.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'