OUDTSHOORN NUUS - 'n Inwoner van George en vier insittendes is behalwe vir skok, ongedeerd nadat 'n wit Polo in Zebraweg by die Bridgton-swembad in die agterkant van sy wit Golf vasgery het.
Die bestuurder van die Golf het minute voor die ongeluk die wedstryd tussen Evergreens (Pacaltsdorp) en Bridgton by die Oudtshoorn-sportterrein bygewoon en was onderweg na George toe.
Volgens die bestuurder van die Golf en ander omstanders, het die bestuurder van die wit Polo van die toneel weggejaag.
Die wit Polo se nommerplaat het egter op die toneel agtergebly as gevolg van die inpak van die botsing.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'