Gallery
OUDTSHOORN NUUS - Een persoon is vanmiddag met 'n nekbesering na die hospitaal geneem en 'n ander is lig beseer na 'n botsing tussen 'n taxi en 'n bakkie by die kruising van Oxfordstraat en Voortrekkerweg.
Volgens 'n ooggetuie wat in Voortrekkerweg gery het, het die taxi vanuit die dorp se rigting gery en by die indraai na Oxfordstraat by die middelmannetjie stilgestaan om in Oxfordstraat in te draai.
Die taxi het glo sy flikkerlig aangehad. Die bakkie het ook vanuit die dorp se rigting gekom en agter in die stilstaande taxi vasgery. Die taxi het met die momentum van die stamp heeltemal omgedraai.
Die taxibestuurder is net lig beseer terwyl die bestuurder van die bakkie vir nekbeserings behandel is.
Niemand was in die taxi ten tye van die ongeluk nie.
Een persoon is met 'n nekbesering na die hospitaal geneem.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'