GEORGE NUUS - Twee motors was vanmiddag omstreeks 13:00 in 'n ongeluk op die Outeniquapas buite George betrokke.
Dit kom slegs vyf dae na 'n noodlottige motorongeluk op dieselfde pad die lewe van 'n 57-jarige vrou op Paasvrydag geëis het.
'n Winkeleienaar van Oudtshoorn was op pad George toe, toe hy in nat weersomstandighede beheer oor sy motor om 'n draai verloor en in 'n aankomende Volkswagen-kombi vasgery het.
Niemand is ernstig beseer nie.
Inligting verskaf deur ons susterskoerant, George Herald.
'n Winkeleienaar van Oudtshoorn was op pad George toe, toe hy in nat weersomstandighede beheer van sy motor om 'n draai verloor en in 'n aankomende Volkswagen-kombi vasgery het. Foto's: Anton Visser
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Klein Karoo nuus'