OUDTSHOORN NUUS - Een van Cansa se gewilde inisiatiewe is Cuppa for Cansa wat jaarliks vanaf Junie tot September deur organisasies aangebied word.
Vanjaar se Cuppa in Oudtshoorn word Saterdag 14 September by Gables Fine Foods (hoek van Kerk- en Jan van Riebecckstraat) aangebied.
Die inkomste uit kaartjieverkope word aan Cansa geskenk.
Kaartjies kos R100 en sluit ‘n gekenkpakkie in. Skakel Adri Odendaal by 072 133 0444 vir inligting en om kaartjies te bespreek.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'