OUDTSHOORN NUUS - Die Oudtshoorn Courant het 'n navraag aan die munisipaliteit gestuur oor gereelde wateronderbrekings in veral Oudtshoorn-Noord die afgelope twee weke.
Die onderbrekings is as gevolg van onderhoudswerk aan 'n reservoir en sal nog vir etlike maande duur.
Die munisipaliteit het vanoggend die volgende verduideliking gestuur:
“Die hoërliggende areas in Noord ervaar tans tye met geen water of baie swak druk. Dit is a.g.v. die Ou-Oos Reservoir wat uit gebruik geneem is vir herstelwerk en die area word direk vanuit die hooftoevoerlyn vanaf die Raubenheimerdam gevoer.
"Die Munisipaliteit poog om die tye van swak druk te beperk deur die toevoer na ander gedeeltes van die dorp vir periodes te verminder. Die situasie gaan ongelukkig voort duur tot die Reservoir weer ingebruik geneem kan word wat eers in September 2020 sal wees.
"Die herstelwerk van op die reservoir sou vroeër voltooi word, maar a.g.v. die grendeltydperk is werk noodgedwonge vir 2 maande vertraag.”
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'