OUDTSHOORN NUUS - Glen McGill (70), Oudtshoorn se enigste wapensmit, is verlede Donderdag oorlede. Volgens sy dogter, Mary-Ann Botma, is hy aan natuurlike oorsake dood.
"Hy het meer as 25 jaar sy winkel in Oudtshoorn gehad. Almal het hom geken en geweet wat hy doen."
Botma sê hy het drie dogters en drie kleinkinders gehad en was mal daaroor om staaltjies te vertel.
"Ons het lang gesprekke om die kombuistafel gehad as ons by hom gaan kuier het. Hy het so graag stories vertel en ons oor ons geskiedenis geleer. Hy kon ure oor sy werk gesels, want hy het 'n passie daarvoor gehad."
Volgens haar het haar pa 'n oop hart gehad en sou hy altyd help waar hy kon.
"Hy het vrylik raad gegee, maar het nie nonsens gevat nie. Hy het 'n ding gesê soos dit was. Ek gaan die reuk van sy pyp waarskynlik die meeste mis."
Botma sê die familie het 'n privaat verassing vir haar pa gehou.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’