OUDTSHOORN NUUS - Hoërskool Oudtshoorn het op 5 Mei vir Migael Meyer as Mnr. Struisie en Sakhe Kweba as Mej. Struisie gekroon.
Nie eens die winterkoue kon dié leerders keer om hulle beste voetjie voor te sit nie.
Talin Visagie en Tiffany le Roux is onderskeidelik as eerste prins en prinses en Katlego Mashile en Esethu Twani as tweede prins en prinses, aangewys.
Mnr. en Mej. Persoonlikheid was niemand anders as Migael Meyer en Esethu Twani nie. Katlego Mashile en Tiffany le Roux is ook as Mnr. en Mej. Fotogenies aangewys.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'