OUDTSHOORN NUUS - Die Oudtshoorn-polisie het op 25 Mei hul jaarlikse prestasietoekennings by die Oudtshoorn Inn gehad. Brigadier Levona Januari, stasiebevelvoerder, het die lede geloof vir hulle toewyding en hulle daarvan verseker dat elkeen se bydrae raakgesien word.
"Alhoewel almal nie vanaand toekennings kry nie, gaan niemand se harde werk ongesiens verby nie. Dankie vir almal se harde werk en ondersteuning."
Die lede wat toekennings vir die beste prestasie van die jaar ontvang het ontvang het is:
• Juliza Nel en kapt. E Nel (Admin),
• sers. Wolmarans en kaptein W. du Plessis (sigbare polisiëring),
• mev. E Manuel en kapt. D Bouwer (speurdiens),
• reserviskonstabel Maasdorp (reservis van die jaar),
• ao. J Jacobs (lid van die jaar met gerstremdheid),
• kapt. R Berry (sportvrou van die jaar),
• ao. Swanepoel (sportman van die jaar),
Admin groep van die jaar
Finasies, sigbare polisiëringsgroep van die jaar
• Skof A, sigbare polisiëring, misdaadvoorkoming
• Skof B, speurgroep van die jaar
Algemene ondersoekspan, span met die arrestasie van die jaar
• sers. Plaatjies, ao. CP Heunis,
• sers. AG Witbooi,
• sers. JC Afrika,
• sers. SR Malgas,
• sers. NK Lucas en sers. Rabie.
Lt.kol. Gerhard Lategan, skofbevelvoerder, (middel) by sers. Anthony Witbooi (links) en sers. Jan Plaatjies wat deel is van die span wat die toekenning vir die beste arrestasie van die jaar ontvang het.
(Dit was vir die arrestasie van 'n verdagte wat sedert Januarie 2017 gesoek was vir agt roofsake. Die span het met behulp van inligting 'n plan van aksie saamgestel en die verdagte op 4 Maart 2018 gearresteer.)
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'