OUDTSHOORN NUUS - Die Oudtshoorn Christelike Jeugforum (OCJF) het sy jaar met 'n Kersete vir senior burgers in die Bongolethu Thusong-sentrum afgesluit en 'n straatpartytjie in Polisiehoogte gereël.
Volgens die forum se projekbestuurder, Phillip Seroux, is die Kersete gereël deur die straatkomitee met die hoofdoel om die gebied 'n veilige plek vir almal te maak en om te sien na die senior burgers,
Volgens Seroux kon hulle vanjaar aan 60 bejaardes 'n ete voorsit en ook meer as 100 lekkergoedpakkies tydens die tradisionele Christmas Bash aan kinders van die buurt uitdeel.
Bestuurslede van die Polisiehoogte-straatkomitee, saam met die eregaste. In die middel sit brig. Lavona Januari en rdl. Eva Fortuin. Foto's: Garnett Wicomb
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'