Die Volkswagen Polo wat van Du Plessis Motors ontvang is, kon aangekoop word danksy finansiering van die nasionale loterye.
Volgens Carin le Roux, APD maatskaplike werker, stel die voertuig APD-personeel in staat om maatskaplike dienste te lewer en werksessies aan te bied in Oudtshoorn asook omliggend gebiede, so ver as De Rust en Calitzdorp.
Die Oudtshoorn Vereniging vir Persone met Gestremdhede (APD) kon hierdie week spog met `n nuwe voertuig, danksy Du Plessis Motors en die nasionale loterye. Foto: Jacques Swart
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein-Karoo nuus'