OUDTSHOORN NUUS - Hoërskool Oudtshoorn se eerste seuns-hokkiespan het verlede Donderdagaand by die skool se klubhuis dié span se nuwe speeldrag ontvang. Die speeldrag het splinternuwe baadjies, truie en kouse ingesluit.
Die seremonie is onder andere bygewoon deur die spelers se trotse ouers sowel as skoolhoof, Gerrit Rudolph.
Die borge wat die speeldrag moontlik gemaak het, sluit African Tyres Mosselbaai (gefasiliteer deur Kalbas Nell), Afri Diesel en N2 Pongola Truck Stop in.
Rudolph het in sy toespraak erkenning gegee aan die spelers en afrigters se toewyding en in dieselfde asem gesê dat die spelers altyd moet onthou dat dit 'n eer is om die trui oor jou kop te trek.
"Daar is baie spelers wat in die skool se geskiedenis daarvan gedroom het om in die skool se hokkie-A-span te speel, maar nie die nodige talent gehad het om dit te verwesenlik nie," het hy gesê.
Rudolph het verder gesê dat dit belangrik moet wees vir die span om 'n wenmentaliteit te kweek.
"Spelers moet altyd onthou dat hulle slegs 'n skakel in die span is en dus sodoende dit elke keer tot die maksimum van hul vermoëns moet vervul. Dit is egter ook belangrik om steeds persoonlike ambisies te koester ten opsigte van elkeen se sport sowel as akademiese loopbaan. Onthou, met nederigheid sal ons verloor en met grasie sal ons wen."
Rudolph het afgesluit met die aanhaling, "No matter how you feel, dress up and show up."
Die aand is afgesluit met heerlike roosterbrood-worsbredie.
Die borge wat die speeldrag moontlik gemaak het, sluit African Tyres (via Kalbas Nell), Occupational Health en JW Saad in. Foto's: Wyndham Ewerts
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’