OUDTSHOORN NUUS - Oudtshoorn-rampbestuur het onlangs splinternuwe toerusting en 'n 4x4-bakkie gekry om dienslewering in die streek te verbeter.
Volgens Ntobeko Mangqwengqwe, woordvoerder van die Oudtshoorn-munisipaliteit, het Oudtshoorn-rampbestuur onlangs 'n toelaag van die Wes-Kaapse brand-, reddings- en rampbestuur ontvang wat die aankoop van die bakkie en die toerusting, wat brandslange, radio's, padkegels en 'n kettingsaag insluit, moontlik gemaak het.
Adel Supra-Vertue, bestuurder van Oudtshoorn-brandweer, sê die nuwe voertuig en toerusting sal hulle definitief help om beter dienste in die Groter Oudtshoorn-distrik te lewer.
Raadslid Johan Fourie, voorsitter van gemeenskapsdienste het die bakkie by Marlu Rust, verteenwoordiger van die Wes-Kaapse brand-, reddings- en rampbestuur ontvang en sy dank aan die provinsiale regering uitgespreek.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'