KLEIN KAROO NUUS - 'n Nuwe erfenis staproete in die Gamkaberg Natuurreservaat tussen Oudtshoorn en Calitzdorp, is Vrydag amptelik deur die Wes-Kaapse minister van omgewingssake en ontwikkelingsbeplanning, Anton Bredell, geopen.
Volgens Marietjie Engelbrecht, senior bemarkingsbestuurder van CapeNature, is die doel van die nuwe staproete om die publiek meer te leer oor hul kulturele erfenis.
Daar is sowat 40 rotstekeningterreine in die beheerde gebied van die Gamkaberg natuurreservaat en is na skatting tussen 1 500 en 2 000 jaar oud.
Elk van die terreine het volgens Engelbrecht spesiale geestelike betekenisse en boekstaaf die leefstyle en stories van die Khoi en San- mense. Verskeie Khoi-afgevaardigdes was ook geste by die opening van die staproete.
Die Gamkaberg Natuurreservaat is in 1974 gevestig en huisves die bedreigde Kaapse bergkwagga.
Werkenemers van Gamkaberg en gaste op die erfenisstaproete.
Werkenemers van Gamkaberg en gaste op die erfenisstaproete. Foto's: Kelvin Saunders
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'