OUDTSHOORN NUUS - Nuwe, wettige karwagte is onlangs in Oudtshoorn aangestel.
Volgens Thando Abrahams, 'n bestuurder by CWP (Community Work Programme), het CWP in samewerking met CogTa (Departement van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake) en die munisipale wetstoepassers die projek begin om wettige karwagte in die dorp aan te stel.
"Ons het 11 persone aangestel. Hulle sal oranje oorpakke met CWP se logo dra. Hulle sal ook 'n naamkaartjie by hulle dra waarop hulle identifiseer kan word."
Volgens hom was daar lank gesukkel met die onwettige of selfaangestelde karwagte wat ook 'n veiligheidsrisiko vir inwoners wat inkopies wou doen, was.
"Daar was 'n operasie waar van die selfaangestelde karwagte volgens 'n munisipale ordonans beboet was. Hulle behoort volgende jaar in die hof te verskyn."
Die nuwe karwagte sal egter net in die dag werk.
Lees die volledige berig is volgende week se Oudtshoorn Courant.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’