OUDTSHOORN NUUS - Die polisiestasie in Bridgton het onlangs 'n splinternuwe elektroniese skuifhek gekry.
Volgens ao. Gretchen Micheals, woordvoerder van die Oudtshoorn-polisie, het Elizabeth Oliphant, die eienaar van die gebou waarin die polisiestasie is, die hek vir veiligheid laat opsit.
"Die hek sal daagliks vanaf 06:00 tot 18:00 oop wees. In die aand sal die hek gesluit wees, maar dit sal deur 'n kamera van binne die aanklagkantoor gemonitor word."
Micheals sê daar is 'n klokkie buite die hek wat die publiek kan druk en die polisielid in die aanklagkantoor sal die hek oopmaak.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'