Gallery
OUDTSHOORN NUUS - Die eienaars van die Queen's Hotel het verlede Donderdagaand die opgeknapte Colony Restaurant amptelik heropen.
Die restaurant, op die eerste vloer van die Queen's Hotel, het die afgelope twee maande 'n algehele gedaanteverwisseling ondergaan.
Die kroegarea is oorgdedoen, die restaurantarea het nuwe meubels en nuwe kleure gekry en die sitkamergedeelte langs die restaurant is ook opgradeer.
Die vertrek kan nou as 'n privaat lokaal vir klein funksies en vergaderings gebruik word.
Een van die direkteure, Alie Killian, het tydens die opening aan die sowat 100 genooide gaste gesê hulle is deurentyd besig om in eiendomme te belê om sodoende die ekonomie van die dorp te stimuleer.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Kein Karoo, Hessequa nuus'