OUDTSHOORN NUUS - Om die gemeenskap te dien en te beskerm is 'n groot passie van brigadier Susan Crafford, die nuwe stasiebevelvoerder wat verlede week by die Oudtshoorn-polisiestasie begin het.
Haar groot missie, volgens haar, is egter om bande met die gemeenskap te bou en om te probeer om van Oudtshoorn 'n veiliger dorp te maak.
Crafford is reeds 34 jaar in diens van die Suid-Afrikaanse polisiediens, waarvan sy 20 jaar 'n brigadier is.
Sy is oorspronklik van Ladismith en is as jong konstabel op Oudtshoorn in diens geneem. Sy het later in Johannesburg gaan woon waar sy tot brigadier bevorder is.
"Ek wou lankal terug kom Karoo toe. Toe brigadier Levona Januari aftree het ek my kans gekry om weer huis toe te kom en ek is vreeslik opgewonde om hier ook 'n verskil te maak," het sy gesê.
Lees meer in die week se Oudtshoorn Courant
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'