OUDTSHOORN NUUS - Die bestuurder van 'n Mitsubishi Pajero wat Saterdag gerol het, is met 'n gebreekte sleutelbeen en kneusplekke hospitaal toe geneem. Die ongeluk het op die pad tussen Oudtshoorn en die Safari-volstruisplaas plaasgevind.
Volgens 'n motoris wat agter die Pajero gery het, het die voertuig skielik na een kant geswenk, toe heen en weer geslinger voordat dit gerol en weer op die wiele te lande gekom het.
Dit blyk dat 'n voorband gebars het. Inwoners van 'n nabygeleë plaashuis en nog motoriste het die man te hulp gesnel. Hy het op die agterste sitplek te lande gekom en was aanvanklik baie deurmekaar en onbewus van wat gebeur het.
Nooddienste was binne minute op die toneel en nadat die man suurstof ontvang het en met hulle kon praat, het hy met ondersteuning na die ambulans gestap. Hy was alleen in die voertuig.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'