OUDTSHOORN NUUS - Nog 'n vrag voer wat aan boere in die Klein-Karoo geskenk is, het Vrydagoggend 31 Augustus in die dorp aangekom.
Die vragmotor en sleepwa, swaar gelaai met 46 groot bale grondboontjiereste en 40 sakke voerpille vanaf Theunissen, het kort na 08:00 hier aangekom.
Die voer is ook, soos vorige vragte mielies, deur die Burre Burger Droogtehulpfonds gereël. Boere in die omgewing van Theunissen het die voer geskenk.
Dawid Brand van Boesmanland Vervoer het die vrag na 'n skuur op die Saag Jonker-Groep se plaas Badshoogte, geneem. Die voer is bestem vir boere van die benede-Olifantsrivier. Mosselbaai Nissan het die bale met 'n trekker en voorlaaier afgelaai en op die boere se bakkies gelaai.
Lees 'n vorige artikel hier: Mielies help 130 boere
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'