Gallery
CALITZDORP NUUS - Met die welkome reën oor die Klein-Karoo het boere skaars van verligting gesug toe nog 'n ramp hulle tref.
'n Haelstorm wat gistermiddag net na 17:00 uitgebreek het, het vrugtebome van hulle jong vruggies gestroop en ook groot skade aan wingerde aangerig.
Volgens Boets Nel van De Krans het hulle ongeveer 80% van hulle appelkoos- en perske-oes verloor en na raming omtrent 40% van hulle druiwe in blokke waar die minste skade aangerig is. Hy het gesê sulke haelskade het laas in 1993 voorgekom.
FOTO'S: Haelskade knou Calitzdorp-boere
Hierdie reuseterugslag volg nadat onverwagte ryp 'n aantal weke gelede ook reeds 'n groot gedeelte van die druiwe-oes op sommige plase vernietig het.
'Ons bring jou die nuutste Calitzdorp, Klein Karoo nuus'