Update Video
OUDTSHOORN NUUSFLITS EN VIDEO - Ons het pas bevestig dat daar 'n passasier in die rooi BMW tydens vanoggend se botsing was.
Die passasier was 'n 18-jarige vrou. Sy het gesigsbeserings opgedoen en was reeds in die ambulans met die aankoms van die Oudtshoorn Courant.
Volgens paramedici was haar beserings nie ernstig nie.
Die toestand van die bestuurder van die Cressida is nog onbekend.
Kyk 'n video hieronder:
Die bestuurder van die BMW (met pienk hemp) saam met 'n nooddienswerker en 'n lid van die polisie by die wrak van die BMW.
Lees 'n vorige artikel hier: Man beseer in botsing
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'