KLEIN KAROO NUUS - 'n Derde leeu die afgelope vier jaar het besluit hy wil die gras aan die ander kant van die Karoo Nasionale Park se heining verken.
Die leeu is Vrydag 15 Februarie op 'n plaas naby die park opgemerk en sedertdien is spoorsnyers onverpoosd besig om hom op te spoor.
Na 'n soektog die afgelope drie dae het wildbewaarders Maandag vars leeuspore op 'n aangrensende plaas ontdek.
Volgens Nico van Wyk, parkbestuurder, het spoorsnyers 'n wye gebied vanaf Vrydag tot Maandag gedek. Die soektog het oor twee plase gestrek.
Die jongste spoor is Maandagmiddag, 18 Februarie, gevind. Dit is nie seker hoe vars die spoor is nie, maar dit is na die reën van Vrydagnag en Saterdagoggend gelaat. Die spoor is ongeveer 7 km vanaf die park se noord-oostelike grensdraad. Die soektog na die leeu is Dinsdagoggend met eerste lig hervat.
Die bekende ontsnapkunstenaar, Sylvester, het in 2015 en 2016 twee keer uit die park ontsnap en is tans die trotse pa van twee welpies op 'n privaat wildtuin.
Die tweede leeu wat ontsnap het se vryheid was van korte duur. Hy het verlede jaar in November uitgekom, maar is binne enkele dae naby Drie Susters opgemerk en terug geneem park toe.
Van der Walt said the trackers were on the spoor until dark last night (Monday, 18 February) … “and has resumed with the search at first light this morning. The distance where the spoor was found is more or less 7 kilometres from the Karoo National Park’s north easterly boundary.”
Lees 'n verwante artikel: Sylvester pa van tweeling
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'