OUDTSHOORN NUUS - Verlede week was die derde agtereenvolgende week wat Rodney Gelant en sy span voedselpakke aan behoeftige persone oorhandig het.
Volgens Gelant, van Oudtshoorn Top Model Academy, het hulle verlede week 'n reuseskenking ontvang.
"Ons kon die week 60 pakke met meel, koekmeel, soya mince en nog bestanddele bymekaarmaak en ons het nog genoeg oor sodat ons volgende week weer 'n uitreik kan doen. Dis meer as dubbel wat ons verlede week gedoen het.
"Daar is baie wat uit ons eie sakke kom soos brandstof, maar deur genade kan ons die lewe vir ander makliker maak.
"Ons het die bestanddele by klinieke afgelewer wat dit op hulle beurt weer vir mense gee wat kwesbaar is as gevolg van sekere siektetoestande.
"Ons kon tien pakke by elke kliniek aflewer waar die klinieksusters sal toesien dat dit by mense uitkom.
Gelant sê dié uitreik laat hom nederig en hy het besef hoe groot die nood daar buite werklik is.
"Verskeie instansies, waaronder die polisie, het deel geraak van die projek. Ons kan natuurlik nie alles self uitdeel nie omdat ons by die reëls van die inperking moet hou, maar te danke aan almal wat betrokke is kon ons tot dusver al ons pakkies aan mense oorhandig."
Gelant sê hy wil ook Bennedette Landman, semifinalis vir Mev. Heelal, bedank vir die borge wat sy werf en Enzo Erasmus en Envor Juta vir die vervoer.
Dear reader, As your local news provider, we have the duty of keeping you factually informed on Covid-19 developments. As you may have noticed, mis- and disinformation (also known as “fake news”) is circulating online. Group Editors (publications and online platforms) is determined to filter through the masses of information doing the rounds and to separate truth from untruth in order to keep you adequately informed. Local newsrooms follow a strict pre-publication fact-checking protocol. A national task team has been established to assist in bringing you credible news reports on Covid-19.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'