OUDTSHOORN NUUS - Geen saak word op die stadium ondersoek nadat 'n bakkie met twee persone Sondagnag om ongeveer 02:30 die pad verlaat en gerol het nie. Die ongeluk het op die Proefplaaspad gebeur.
Volgens 'n persoon wat op die toneel was, was twee persone in die voertuig.
"Een persoon is beseer en die ander persoon het net ligte beserings opgedoen. Die bakkie het die pad verlaat en twee bome wat langs die pad was beskadig, sowel as die plaasheining en 'n Eskom-paal."
Volgens kapt. Louis Visser, woordvoerder van die Oudtshoorn-polisie, is die polisie nog nie seker wie die bestuurder van die voertuig was nie.
"Daar moet ook nog vasgestel word of hulle 'n geldige permit gehad het om volgens die Wet op Rampbestuur die aandklokreël te verbreek.
Die name en besonderhede van die twee persone wat in die bakkie was aan die SAPD bekend."
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'