OUDTSHOORN NUUS -Die Kankervereniging van Suid-Afrika (Kansa) en die unie vir internasionale kankerbeheer (UICC) het die jaar die kollig op wêreldkankerdag geplaas deur individue uit te daag om gesonder te leef en hul persoonlike kankerrisiko te verlaag deur slim te eet, drink en aan gereelde fisiese aktiwiteite deel te neem asook om kankervormende produkte soos alkohol en tabak te vermy.
Lorraine Govender, Kansa se nasionale bestuurder vir gesondheidsbevordering, sê dat vanjaar se tema vir wêreldkankerdag 'close the care gap" was en dat dit daaroor gegaan het om almal se stemme te verenig en aksie teen kanker te neem.
"Ongeag wie jy is, jy het die mag om die impak van kanker op jouself en die mense vir wie jy lief is te verlaag," het sy gemotiveer.
Volgens Govender is rook, alkohol gebruik en 'n hoë gewig, drie van die bekendste veranderbare risikofaktore om kanker te vermy.
"Byna die helfte van kankerverwante sterftes wêreldwyd kan aan hierdie faktore toegeskryf word. Dit beteken dat individue ’n belangrike rol kan speel om hul kankerrisiko te verlaag, deur kankervormende produkte te vermy, ’n gebalanseerde dieet te volg en gereeld aan fisiese aktiwiteite deel te neem," het sy gesê.
Volgens haar is Suid-Afrika se probleme met gewig en obesiteit ’n groeiende kommer vir publieke gesondheid. Sy sê ook dat Kansa die publieke gesondheidsowerhede aanmoedig om verbruikers aangaande die gesondheidsrisiko’s wat ongesonde produkte inhou, insluitend geprosesseerde kosse en versoete drankies, in te lig.
"Dit is veral omdat kolorektale kanker die tweede mees algemene kanker onder mans en die derde mees algemene kanker onder vroue in Suid-Afrika is volgens die nasionale kankerregister 2019."
Cary Adams, die uitvoerende hoof van die unie vir internasionale kankerbeheer het ook voorspraak vir hervorming en verandering gemaak en gesê dat miljoene voorkombare kankersterftes deur ongesonde produkte veroorsaak word.
"Soos ons wêreldkankerdag vier, staan UICC gereed om regerings te ondersteun om mense se blootstelling aan tabak, alkohol en geprosesseerde kosprodukte te verminder.”
Uitdaging vir Wêreldkankerdag
Govender verduidelik dat Kansa 'n Active-veldtog aanbied wat ’n goeie geleentheid is om aan die beweeg te kom en jou kankerrisiko te verlaag. Hy het almal uitgenooi om vriende na die 5 km-aktiwiteit saam te bring om bewustheid op wêreldkankerdag te vestig.
Kansa het almal ook aangemoedig om R50 aan Kansa se gesondheidsopvoeding-inisiatiewe en sorg- en ondersteuningsprogramme te skenk.
Kansa beoog vorentoe om die publiek bewus te maak van eetbare produkte wat help om kankerrisiko te verlaag asook om die bevordering van fisiese aktiwiteite deur hul seël van erkennings-program te inspireer.
"Kansa leer die publiek deur middel van 'n gebalanseerde leefstyl-veldtog wat fokus op die belangrikheid van ’n gebalanseerde dieet en gereelde fisiese aktiwiteite," het hy gesê. Die aanlyn leefstyl risikobepalingsmiddel is gratis en help om faktore te identifiseer wat bedreigings vir individue om kanker te kry, inhou.
Kansa moedig jou aan om in jou gesondheid te belê en deur te druk vir die jaar wat voorlê.
- Neem KANSA se gratis aanlyn leefstyl risikobepaling.
- Beweeg ’n bietjie – 150 minute per week is al wat dit verg (sien Kansa se seëlvennote in die fisiese aktiwiteit-kategorie vir idees).
- Pak ’n gesonde middagete in – insluitend vrugte en groente (sien Kansa se seëlvennote in die eetbare kategorie vir idees).
- Gaan gereelde vir kanker siftingstoetse by ’n Kansa-sorgsentrum, mediese instituut of publieke kliniek.
Vir meer inligting, kan Lucy Balona, hoof van bemarking en kommunikasie by Kansa per e-pos by lbalona@cansa.org.za of 082 459 5230 gekontak word.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'