Tydens 'n gesprek met Robert-Jan Siegert van die Nederlandse ambassade in Pretoria het hy gesê dat die verbintenis tussen Nederlands en Afrikaans een van die redes is vir sy land se betrokkenheid en ondersteuning van die Absa KKNK. Siegert het verlede Vrydag persoonlike gesprekke met verskeie rolspelers in Oudtshoorn gevoer en het die Oudtshoorn Courant ook genooi vir 'n gesprek.
Hy het gesê dat die ambassade van die Nederlandse koninkryk reeds die afgelope 20 jaar 'n strategiese vennootskap met die kunstefees het en hierdie jaar weer tot die fees bydra met vertonings en uitstallings.
Die Nederlandse hip-hop kunstenaar Tastic en sy mede-musikante het groot opslae in Ne-derland gemaak en woon Oudtshoorn se twee-lingstad Alphen aan den Rijn. Hulle het drie optredes tydens die kunstefees gehad. Die ander vertoning was 'n eenma vertoning, The Tatiana Aarons Experience, wat elke aand by Suid-Kaap kollege aangebied is.
Tydens die gesprek met Siegert het hy gesê dat Oudtshoorn 'n groot rol speel in die voortbestaan en ontwikkeling van Afrikaans.
Volgens hom het die Nederlandse ambassade vyf doelstellings in die ondersteuning van die Absa KKNK:
- Om die Suid-Afrikaanse publiek bewus te maak van die kwaliteit van Nederlandse kuns-tenaars
- Om die sigbaarheid van Nederland veral onder jongmense uit te bou
- Om deur projekte soos die parklet wat in Ba-ron van Reedestraat gestaan het belangstelling in Nederlandese ontwerp en kultuur te kweek
- Om die kapasiteit van kuns en kultuur in Suid-Afrika uit te brei deur interaksie van kunstenaars
- Om die algehele beeld van Nederland uit te brei.
Die Nederlandse afvaardiging onder leiding van Siegert het Vrydag ook die media en die feesbestuur tydens middagete te word gestaan.
Hy het deur die loop van die dag met verskeie politici en raadslede gesels en het die dag laatnag afgesluit deur die vertoning van Tastic by Club Al Capone by te woon.
Rhodé Snyman, die waarnemende uitvoerende hoof van Kuns onbeperk (naasregs) by die Nederlandse afvaardiging wat die Absa KKNK besoek het en opgetree het. Robert-Jan Siegert van die Nederlandse ambassade staan agter, tweede van links. Foto: Hannes Visser
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein-Karoo nuus'