Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - Die Oudtshoorn Courant is op die toneel by die Oudtshoorn-stortingsterrein waar 'n trok met 'n vrag vullis - na bewering van George - hier omgeslaan het.
Volgens inligting wat bekom is, is die bestuurder nie beseer nie. Dit is tans onseker hoe die trok omgeslaan het.
'n Insleepvoertuig het die trok kom regop sleep en nooddienste en polisie was op die toneel.
Die Oudtshoorn-munisipaliteit se munisipale bestuurder, Walter Hendricks, het bevestig dat daar 'n ooreenkoms met George-munisipaliteit is dat hulle teen 'n tarief Oudtshoorn se stortingsterrein gebruik indien George kapasiteits-uitdagings ervaar. Dit is volgens Hendricks omdat Oudtshoorn genoeg ruimte het.
VIDEO:
Die Oudtshoorn-stortingsterrein waar 'n trok met 'n vrag vullis - na bewering van George - omgeslaan het.
'n Insleepvoertuig het die trok kom regop sleep, en nooddienste en polisie was op die toneel.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’