OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - Oudtshoorn Courant beoog om meer fokus op ons kinders in die koerant te plaas.
Natuurlik wil ons graag weer die skoleblaaie terugbring in die koerant en wil ons graag iets insit oor leerders se prestasies. Dit is berigte wat ons gratis en verniet op ons sosiale media netwerke sowel as in die koerant plaas.
Ons beoog ook om leerders meer deel van die koerant te maak en wil graag ‘n rubriek, Kinders Klets, begin. Hier soek ons leerders se bydrae oor enigiets wat vir hulle interessant is.
Wat was hulle opinie van interskole of ‘n besondere gedig of kort opstel wat hulle geskryf het. Hoe voel hulle oor ons dorp? Hoe voel jy oor jou taal? Dit kan in Engels of Afrikaans wees.
Ons versoek dus dat ouers en onderwysers om leerders aan te moedig om hul bydrae aan die koerant te stuur vir moontlike plasing. Vir die jonger kinders kan ons selfs oulike prentjies, gediggies of sêgoed plaas. Bydraes kan gestuur word aan Liezl van Niekerk na liezl@groupeditors.co.za of 084 825 0432.
Oudtshoorn Courant intends to focus more on the town’s children in the newspaper and we would like to bring back the school pages in the newspaper. We would also like to include something about your learners' achievements. These are reports that we share on our social media networks as well as in the newspaper. We also intend to start a column, Kinders Klets.
Here we are looking for learners' contributions on anything interesting to them. What was their opinion of inter-schools or a special poem or short essay they wrote. How do they feel about our town? How do you feel about your language? It can be in English or Afrikaans. We request that parents and teachers encourage learners to send their contributions to the newspaper for possible publication. The younger children can even post cute pictures, poems, or sayings. Contributions can be sent to Liezl van Niekerk at liezl@groupeditors.co.za or 084 825 0432.
Interskole is elke skool se hoogtepunt van die jaar. Om eerlik te wees, interskole is angswekkend, want jy speel teen leerders van goeie skole.
Ek beveel aan dat kinders van alle ouderdomsgroepe aan interskole deelneem.
Daar moet 'n bewustheid van spangees tydens interskole wees om dit meer opwindend te maak. Dit is belangrik, want dit stel jou bloot aan verskillende sportsoorte.
Interskole is daar om te geniet.
Ek sal graag wil hê dat laerskole ook aan interskole deelneem. -Makayala Janse van Rensburg
VIDEO: Neem deel aan Kinders klets - Makayala Janse
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’