LADISMITH NUUS - Peter John Kannemeyer (64), alom bekend as Pa Piet, se roerende begrafnis is onlangs in die Eveangeliese Lutherse kerk, waar hy ook orrelis was, gehou.
In 'n boodskap aan die Kannemeyer-gesin het deken Jacques Grispe die gesin bemoedig vir die pad vorentoe sonder hulle steunpilaar.
Die stampvol kerk is omskep in ‘n "laaste lied" vir Kannemeyer - 'n ware ode.
Die Kersfeesblaasorkes, Guiding Stars, waarvan hy die stigterslid was, het die dodemars en ander liedere gespeel.
Die toonsetting van die Evangelies Lutherse kerk se gesangeboek, wat dwarsoor Suid-Afrika gebruik word, is 'n reuse nalantenskap van Pa Piet.
Megan Kannemeyer, sy skoonsuster, het namens sy broer, Clive, vir Pa Piet as ‘n gentle giant beskryf. Die registrasienommer van sy motor, PA-PIET WP, is in huldeblyke deur sprekers gebruik om te beskryf wat se soort mens hy was - en wat nou ook as gemeenskapsbesit beskou word.
Hendrik (Hekkie) Murphy
Die rugbylegende, Hendrik (Hekkie) Murphy van Calitzdorp, is op dieselfde dag, 23 Augustus, as Kannemeyer oorlede. Japie Coetzee, ook ‘n rugbylegende, het sy spanmaat as vreeslose speler en gemeenskapsman beskryf.
'Ons bring jou die nuutste Ladismith, Karoo nuus'