Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - Die bestuurder van 'n munisipale voertuig is vanmiddag beseer in 'n botsing met 'n afleweringstrok van Checkers.
Die munisipale voertuig het by die kruising van Hoog- en St Johnstraat by 'n verkeerslig gestaan toe die afleweringstrok vanuit St Johnstraat in Hoogstraat ingedraai het.
Die vraghouer van die trok het die munisipale voertuig aan die bestuurderskant getref.
Die bestuurder van die munisipale voertuig het rug- en nekbeserings opgedoen en is op 'n draagbaar uit die voertuig gehaal.
'n Skare nuuskieriges het op die toneel saamgedrom en moes verskeie kere versoek word om terug te staan toe die beseerde persoon na 'n ambulans geneem is. Die passasier in die munisipale voertuig is vir skok behandel.
Kyk 'n video hieronder:
Die vraghouer van die trok het die munisipale voertuig aan die bestuurderskant getref.
'n Skare nuuskieriges het op die toneel saamgedrom.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'