OUDTSHOORN NUUS - Die Oudtshoorn-munisipaliteit het 'n gekwalifiseerde ouditmening met bevindings van die ouditeur-generaal (OG) se kantoor ontvang.
Die OG se bevindings bestaan deels uit voorstelle en vrae aan die munisipale bestuur ten opsigte van die munisipaliteit se finansiële sake.
Die munisipale bestuurder, Allen Paulse, het tydens Dinsdag 12 Desember se maandelikse raadsvergadering gesê: "Daar is 'n groot verbetering in die munisipaliteit se finansies."
Paulse het aan die raad gesê hy en sy direkteure sal daarna streef om in 2018 'n ongekwalifiseerde ouditmenings met geen bevindings, algemeen bekend as 'n skoon oudit, te verwerf.
"Ons moet nog aandag skenk aan goeie regering en ons risikobestuur.
"Ons kán volgende jaar baie naby aan 'n ongekwalifiseerde ouditmening kom, of dit selfs regkry om 'n skoon oudit te verwerf."
Sy boodskap aan die raadslede en munisipaliteit se topbestuur was, "Konsekwentheid in regering, asook politieke stabiliteit speel 'n groot rol daarin om 'n skoon oudit te kry."
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'