KLEIN KAROO NUUS - Pleks van ’n vrolike een-en-twintigste verjaardagpartytjie die afgelope naweek is drie families van Prins Albert en De Rust Vrydagnag in rou gedompel toe hul geliefdes van dié dorpe Vrydagnag in ’n motorongeluk op die Kredouwpas gesterf het.
Dié pas is sowat halfpad tussen die twee dorpe geleë.
Adriaan Neewat van Prins Albert (in sy vyftigs), asook twee jong mans van De Rust, Neewat se dogter Lesley-Ann se vriend en dié se neef, is in die ongeluk oorlede. Lesley-Ann en die bestuurder van die motor het dit oorleef, en is in die George-hospitaal opgeneem. Lesley-Ann is intussen ontslaan.
Die vyf was Saterdagaand laat van De Rust op pad na Prins Albert toe die bestuurder beheer oor die kar teen die steil bergpas verloor het. Die drie mans is op slag dood. Die presiese oorsaak van die ongeluk kon nog nie vasgestel word nie.
Truitjie Stols, Neewat se suster, het Sondag aan Oudtshoorn Courant gesê die motor met sy vyf insittendes was laataand op pad na Noordeinde in Prins Albert vir Neewat en sy vrou, Caroline, se dogter Niketa se 21ste verjaardagparty wat Saterdagaand wat in die plaaslike gemeenskapsentrum (POP Centre) gehou sou word. Die geleentheid sou ’n verrassing vir Niketa wees. Neewat en die motorbestuurder het Lesley-Ann, haar vriend en sy neef vir die geleentheid op De Rust gaan haal.
Adriaan Neewat, Foto: Facebook
“Maar Saterdagoggend kom maak my een eks-skoonsuster, Suzanne Piedt (ANC-raadslid van Prins Albert) my met die tragiese nuus van die ongeluk wakker. Ek kan dit nie glo nie – dit voel of ek in ’n dwaal is. Die een oomblik maak ons reg vir ’n groot verjaardagparty, die volgende kry ons hierdie nuus,” het ’n hartseer Stols gesê.
Stols vertel die Neewats het in Junie vanjaar van Worcester na Prins Albert verhuis. Neewat het steeds tussen sy werk op Worcester en Prins Albert gependel.
Behalwe Caroline, Niketa en Lesley-Ann, laat Neewat ook twee seuns, Adriaan en Austin, en twee kleinkinders en sewe broers en susters agter.
Dié pas is sowat halfpad tussen die twee dorpe geleë.
'Ons bring jou die nuutste Prins Albert, Klein Karoo nuus'