Die doel van die rit was om motoriste bewus te maak van motorfietse en bromponies in die dorp en ook om motorfietsryers weer aan hulle verantwoordelikhede te herinner.
Sowat 20 motorfietsryers het onder begeleiding van verkeersbeamptes deur die dorp gery.
Voordat die groep vanaf die Queens Mall vertrek het, is 'n paar oomblikke stilte gehou ter nagedagtenis aan motorfietsryers wat in ongelukke in Oudtshoorn gesterf het.
Voor die rit was Zantie van der Zandt, die pa van Zander wat in Februarie in Voortrekkerweg verongeluk het, ook by die parkeerterrein.
"Ek kom net dankie sê vir die inisiatief, maar ons sien nie kans om deel te neem nie, want gister sou Zander se sewentiende verjaarsdag gewees het," het hy gesê.
Daar is gehoop dat veral skoolleerders wat motorfietse ry by die rit sou aansluit, maar daar was egter net een of twee van hulle.
Daar word ook 'n fietsrit deur die dorp beplan wat moontlik op 4 Oktober sal plaasvind.
Klik hier vir 'n verwante artikel.

In gelid in die hoofstraat
Deelnemers wou help bewustheid skep rondom padveiligheid.

Die ryers gesels voor die rit begin.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'