Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - Inligting wat ontvang is dat 'n motorfietsryer gesterf het na 'n botsing vanoggend, is nog nie amptelik deur die polisie bevestig nie.
Die man was vanoggend omstreeks 11:00 met Langenhovenweg in die rigting van George onderweg toe hy beheer oor die kragtige 900cc Honda verloor het en 'n lamppaal getref het.
Die motorfiets het ongeveer 20m met die pad langs geskuur en voor die Hyundai agentskap 'n geparkeerde bakkie se wiel getref en tot stilstand gekom.
Die motorfietsryer is in 'n ernstige toestand hospitaal toe geneem.
Die Oudtshoorn Courant het omstreeks 15:00 verneem dat hy oorlede is. Tot dusver kon die inligting nog nie deur die polisie bevestig word nie.
Kyk 'n video hieronder:
Die motorfiets het min of meer waar die noodvoertuig staan tot stilstand gekom.
Die motorfiets het 'n lamppaal getref.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'