OUDTSHOORN NUUS - 'n Motorfietsryer wat omstreeks 13:30 in 'n botsing met 'n motor betrokke was, is per ambulans hospitaal toe geneem.
Volgens inligting wat op die toneel beskikbaar was, was die motorfiets en 'n wit VW Polo in teenoorgestelde rigtings met Baron van Reedestraat onderweg.
By die kruising met Van der Rietstraat het die Polo regs in Van der Rietstraat ingedraai en die aankomende motorfiets het die motor aan die passasierskant getref.
Die bestuurder van die Polo is nie beseer nie.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'