Video
OUDTSHOORN NUUS EN VIDEO - 'n Gedeelte van Wesbank in die omgewing van Langenhoven Gimnasium gaan 'n ruk sonder krag wees nadat 'n motor 'n kragpaal morsaf gery het.
Volgens die bestuurder van 'n 1983 Mini het hy uit Noordstraat in Jan Van Riebeeckweg ingedraai toe hy beheer verloor het en die kragpaal getref het. Hy is nie beseer nie.
Die inwoners van die huis waar die botsing plaasgevind het, het 'n geweldige slag gehoor en toe hulle by die venster uitkyk net vonke gesien.
Volgens die vrou wat daar woon was hulle bang die motor slaan aan die brand voordat die bestuurder kon uitkom.
Kyk 'n video hieronder:
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'