OUDTSHOORN NUUS - Twee persone is Maandagaand lig beseer na 'n motor 'n in kragpaal in Toekomsrus vasgery het.
Met die aankoms van die Oudtshoorn Courant op die toneel was die elektrisiteitstoevoer in die buurt reeds afgesit.
Volgens omstanders op die toneel het die bestuurder van die voertuig om die draai in John Theodorestraat gery en met die kragpaal in Marsstraat gebots.
Sers. Gretchen Micheals, woordvoerder van die Oudtshoorn-polisie, sê 'n leerlingbestuurder het die motor bestuur en geen saak word ondersoek nie.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'