OUDTSHOORN NUUS - Die mosies van wantroue in twee DA-raadslede wat vanoggend tydens 'n raadsvergadering voor die raad sou dien, is onttrek.
Daar is reeds verlede week kennis gegee dat mosies van wantroue in Julia le Roux, die speaker, en Chris Macpherson, uitvoerende burgemeester, voorgelê sou word.
Die speaker het met die aanvang van vanoggend se raadsvergadering gesê die twee mosies is onder 'n dekkingsbrief van die ANC se hoofsweep, Jongilizwe Tyatya ontvang.
Die vergadering is egter onderbreek as gevolg van probleme met die virtuele verbinding en toe dit sowat 20 minute later hervat is, is aangedui dat die mosies onttrek is.
'Ons bring jou die nuutste Oudtshoorn, Klein Karoo nuus'