Update
OUDTSHOORN NUUS - Morné Marshall Hoogbaard, die munisipale bestuurder van Kannaland, is Saterdag roerend op sy tuisdorp, Slangrivier begrawe.
Pastoor Jabe Hoogbaard, die oorledene se oom het die treffende diens gelei.
Ina Hoogbaard, ’n familielid, het in haar huldeblyk gesê: “Hy het ‘n unieke persoonlikheid gehad. Ondanks sy omstandighede het hy bo uit gekom. Altyd eerste in sy graad gestaan. Sy eerste werk was in die parlement, daarna munisipale bestuurder in Eden en uiteindelik in Kannaland. Nou het hy vir die laaste keer huis toe gekom. Slangrivier toe gekom.”
Hoogbaard is beskryf as iemand wat swak munisipaliteite kon omkeer en is as ’n toegewyde dienskneg van die publiek beskryf.
Werner Meshoa, onderburgemeester van Kannaland se huldeblyk was: "Morné het sedert 2011 in Kannaland kom werk en onder sy leiding het Kannaland sy eerste goeie oudit gekry. Hy het miljoene vir Kannaland gebring wat in verskeie projekte gebruik is. In sy laaste termyn het hy weereens huise in Calitzdorp laat bou. Sy nalatenskap sal voortleef in Kannaland.”
Marina Hoogbaard, Morné se ma het gesê: "Hy was my MM (Morné Marshall) voordat hy julle MM was. Hulle sê Morné was skelm, maar as hy skelm was, was hy my skelm. Hulle sê hy was nie ‘n engeltjie nie, dan was hy dan maar my duiweltjie! Ek is trots op my seun. Hy was altyd in my gebede. Sy spore sal deur die reën uit Kannaland gewas word.”
Vorige artikel:
Astrid Hoogbaard se laaste eerbetoon aan haar man.
Morné se ma staar na sy graf.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’