CALITZDORP NUUS - Calitzdorp is vroeg in die nuwe jaar geruk deur die dood van 'n 32-jarige manlike persoon in Voortekkerweg.
Volgens kaptein F.C.van Wyk, mediawoordvoorder van SAPD, het die voorval ongeveer 14:15 gebeur.
"Calitzdorp-polisie is Woensdag ontbied na 'n toneel waar 'n bakleiery ontstaan het. Met hul aankoms het hulle 'n 32-jarige man met 'n steekwond in sy borskas op die grond aangetref. Die nooddienste is ontbied, maar paramedici het die man op die toneel dood verklaar. 'n 17-jarige manlike person is gearresteer en het reeds in die Calitzdorp-landdroshof op 'n klag van moord verskyn."
Die nooddienste is ontbied, maar paramedici het die man op die toneel dood verklaar.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’