OUFTSHOORN NUUS - Die Moonlight-sokkerklub van Dysselsdorp het verlede naweek beide hul ligawedstryde teen Smuts United op Dysselsdorp se sportterrein gewen.
In Moonlight se eerste wedstryd teen Smuts United kon die manne in geel daarin slaag om die wedstryd met 3 - 1 te wen.
Die doelskoppers wat die agterkant van die net gevind het, was Brenwill Miggels en Byron Jafta wat in die kol was met twee doelskoppe.
In die tweede wedstryd het Moonlight weereens vanaf die afskop die wedstryd beheer en daarin geslaag om hierdie wedstryd met 3 - 0 te wen. Hier was dit Damian Botha, Jacolin Langerveld en Brenwill Miggels wat verantwoordelik was vir die doelskoppe.
Keanan du Plessis, nuut verkose en jongste voorsitter in die klub se geskiedenis, het na die wedstryd gesê dat hy trots is op die manier hoe Moonlight die wedstryde van die begin af oorheers het.
"Ons het net voor die wedstryde 'n struktuur en doelwit gehad en ons het dit bereik. Ons sien uit na die tweede ronde ligawedstryde wat op pad is asook die komende Paasnaweek-sokkertoernooi in Dysselsdorp.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’